أَلْفٍ صَلَّى الله عَلَى زَيْنِ الْوُجُودْ
'n Duisend seëninge van Allah op die skoonheid van die bestaan
Af
أَلْفٍ صَلَّى الله عَلَى زَيْنِ الْوُجُودْ
مَنْ سَكَنْ طَيْبَة وَخَيَّمْ في زَرُودْ
'n Duisend seëninge van Allah op die Skoonheid van die Bestaan
Hy wat in Taybah woon en in Zarud gekamp het
يَا بُدُورَ الْحَيِّ يَا رَبْعَ الْكِرَامْ
بَلِّغُو ظَبْيَ الْحِمَى مِنِّي السَّلَامْ
O volmane van die kamp, o tuiste van die edeles
Dra my groete oor aan die gasel van die heiligdom
إِنْ تَهَتَكْنَا عَلَيْكُمْ لَا نُلَامْ
غَلَبَ الْوَجْدُ عَلَيْنَا وَ الْغَرَامْ
As ons passie vir u ons ontbloot, word ons nie blameer nie
Verlange en hartstog het ons geheel en al oorweldig
لَا يَنَامُ اللَّيْلَ عَاشِقْ مُسْتَهَامْ
إِنَّمَا النَّومُ عَلَى الْعَاشِقْ حَرَامْ
Die hartstogtelike minnaar slaap nie gedurende die nag nie
Slaap is immers verbode vir die een wat deur liefde verteer word
سَادَتِي إِنْ لَمْ تَحِنُّو بِاللِّقَا
مِتُّ وَجْدًا فَلَكُمْ طُولُ الْبَقَاء
My meesters, as u nie genade betoon met 'n ontmoeting nie
Sal ek sterf van verlange, dog mag u vir ewig voortbestaan
أَنَا إِنْ لَمْ أَهْوَا غِزْلَانَ النَّقَاء
أَيُّ فَرْقٍ بَيْنَ قَلْبِي وَ الْجَمَادْ
As ek nie die gaselle van al-Naqa liefhet nie
Watter verskil is daar dan tussen my hart en 'n lewelose klip?
آنَسَ اللهُ بِكُمْ أَوْقَاتَنَا
وَسَقَى وَادِيكُمُ فَيْضَ الْغَمَامْ
Mag Allah ons ure deur u verbly
En mag die gietende wolke u vallei besproei