مَا لِلنِّيَاقِ إِذَا حَدَا جَمَّالُهَا
Wat is dit met die kameelkoeie wanneer hul drywer vir hulle sing?
Af
مَا لِلنِّيَاقِ إِذَا حَدَا جَمَّالُهَا
تَدَعُ الْعَنَاءَ وَلَا تَمَلُّ مَلَالَهَا
Wat deeg die kameelkoeie wanneer hul drywer sy lied aanhef?
Hulle laat die vermoeidheid vaar en kwyn nie op die pad nie.
وَتَرَىٰ لَهَا فِي السَّيْرِ جِدًّا وَاضِحًا
شَوْقًا تَمُدُّ يَمِينَهَا وَشِمَالَهَا
Jy sien in hul gang ’n klaarblyklike erns,
uit verlange reik hulle na regs en na links.
وَتَبَاشَرَتْ لَمَّا أَتَتْ بَدْرًا رَأَتْ
نُورَ النَّبِيِّ الْهَاشِمِيِّ بَدَا لَهَا
Hulle was verheug toe hulle Badr bereik en aanskou,
want die lig van die Hasjimitiese Profeet het aan hulle verskyn.
غَنِّ لَهَا يَا سَعْدُ بِاسْمِ مُحَمَّدٍ
فَلَعَلَّهَا تُصْغِي لِمَنْ غَنَّىٰ لَهَا
Sing dan vir hulle, o Sa'd, met die naam van Muhammad,
dalk sal hulle ag slaan op hom wat vir hulle sing.